
Om nuwe vloerbedekkings te kies kos baie navorsing. Die nuwe Belgotex Design Centre se vertoonlokaal in Century City, Kaapstad, sal die taak vir jou baie makliker maak en is ’n besoek werd.
Die groot oop spasie van beton bied ’n inspirerende ruimte, met die Belgotex produkte wat op inoverende maniere uitgestal word. Die nuutste in vloer-tegnologie is hier te sien en jy kan kies uit meer as 80 verskillende reekse wat wissel van volvloermatte, vinielvloere, kunsgras, onderlae en vele meer. Vloerpersoneel kan ook betroubare installeerders in jou omgewig aanbeveel.
Die volgende ontwerp-sentrum word in Johannesburg beplan.
Besoek Belgotex Design Centre in die Matrix-gebou, Century City, Kaapstad.
Vir meer inligting gaan na www.belgotex.co.za of www.facebook.com/Belgotex.