Karoo-huis: Harmonie tussen toe & nou

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
So tipies Karoo: Hierdie lang
leiklipstoep is toentertyd so hoog
gebou sodat jy direk van die
wa af op die stoep kon afklim.
Die groen stoele is van
Chair Crazy. FOTO’S ADAM LETCH & WARREN HEATH/BUREAUX
So tipies Karoo: Hierdie lang leiklipstoep is toentertyd so hoog gebou sodat jy direk van die wa af op die stoep kon afklim. Die groen stoele is van Chair Crazy. FOTO’S ADAM LETCH & WARREN HEATH/BUREAUX

Die hoofhuis dateer uit 1852 en bo die voordeur pryk IWDV, die voorletters van die destydse eienaar, Isak Wilhelm van der Vyver. Aanvanklik is hier met onder meer vrugte en druiwe geboer, maar in die laat 1800’s hoofsaaklik met volstruise. Deesdae is Buffelsdrift ’n olyfplaas. Greg Truen, ’n argitek en ’n direkteur van die argiteksfirma SAOTA, het hierdie pragtige historiese plaas, waarvan die huis en buitegeboue basies nog in ’n goeie toestand was, in 2016 gekoop. Hy het Jaco Booyens, ’n bekroonde argitek en kleispesialis, genader en saam het hulle die restourasie aangepak. In die huis was daar tekens dat dit in die 1970’s opgeknap is, maar dié is gestroop om plek te maak vir ’n moderne kombuis en badkamer.

Om die oorspronklike karakter te behou het hulle ’n dun kalkpleister gekies om die binnemure af te werk. Die geelhoutbalke en plafon kon gerestoureer word, maar die houtvloer was verrot. Dit is vervang met populierplanke wat in ’n droogoond op Oudtshoorn gedroog is, en die leefarea se vloer is met klip uit die omgewing gelê. Hortjies van populierhout is toe vir al die vensters gemaak, wat die huis heerlik koel hou as die son buite neerbak. Die buite-areas is in terrasse uitgelê en in een van hulle is ’n gesonke swembad wat met boorgatwater gevul word. Dele wat swaarder verkeer dra, is met klip geplavei en ander plekke met perskepitte. Sover moontlik is plaaslike vakmanne en materiaal uit die omgewing gebruik, en die eindresutlaat is asemrowend.


Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees