book-icon Uitgawe November / Desember 2021

Koringbergse bekoring

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
GESELLIGE KOMBUIS: Die Paul Bocuse-stoof is die hart van hierdie ruim kombuis, met die simmetrie van die vertrek wat dit ’n kalm gevoel gee. Die lang tafel met sy netjiese rye stoele lei jou oog na die mooi geboë deur en die vensters, die ronde matte sorg vir ’n moderne element en die kombuiskas van glas en staal is ’n kopknik na ’n outydse koskas. Die vloer is van afgevlakte sement.

FOTO Stephané van Eck Photography
GESELLIGE KOMBUIS: Die Paul Bocuse-stoof is die hart van hierdie ruim kombuis, met die simmetrie van die vertrek wat dit ’n kalm gevoel gee. Die lang tafel met sy netjiese rye stoele lei jou oog na die mooi geboë deur en die vensters, die ronde matte sorg vir ’n moderne element en die kombuiskas van glas en staal is ’n kopknik na ’n outydse koskas. Die vloer is van afgevlakte sement. FOTO Stephané van Eck Photography

Die Fishlocks het lank ’n plattelandse huis in die Wes-Kaap gesoek, ook op Koringberg. Toe die allermooiste Victoriaanse huis tydens die eerste inperking op die mark kom, was hulle dadelik verlief daarop. Wat hierdie huis (rondom 1904 gebou) so besonders maak, is die gestapelde leiklipmure. Soos dit maar dikwels met ou huise gaan, het verskillende eienaars oor die jare hot en haar vertrekke aangebou. Met die hulp van die argitek Minky Lidchi (minkylidchi.com) is al hierdie aanbouings verwyder totdat net die oorspronklike reghoek van die huis oorgebly het. Binne is mure uitgeslaan om die vloei van die vertrekke te verbeter en die eindresultaat was lig en ruim. Buite is die motorhuis en ’n reuse-watertenk in twee slaapkamers en ’n badkamer verander. Dit is die White Annex gedoop, met die hoofhuis wat die White House heet. 

Cate was verantwoordelik vir die interessante dekorstyl van die huis en vertel dat sy die kleurryke en besonderse meubelstukke by van tweedehandswinkels tot op eBay aangekoop het. 

Hier op Koringberg is alles wat die Fishlocks wil hê. Die natuur en rustigheid waarvoor hulle so lief is, is op hul voorstoep, maar dis veral die wonderlike gemeenskap van Koringberg wat hulle bly terugroep. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees