
Dit is weer tyd om die hekelpenne uit te haal en te begin hekel! Vir die volgende vyf weke kan jy elke Dinsdag en Donderdag nog ’n paar rondtes van hierdie mat aflaai, asook die diagram om van te hekel.
Die mat bestaan uit 31 rondtes. Jy het ’n basiese kennis van hekel nodig. As dit vir jou makliker is om in Engels te hekel, gaan na die webtuiste.
Patroon, diagram en foto’s: Elle Yarns
Ons het reeds rondtes 1 – 8 gegee. Hier's rondtes 9 – 11 ook nou:
Vir benodigdhede en afkortings, klik hier.
Hekel s?
Neem kleur Slate, ’n 10 mm-hekelpen en beg met ’n ks-ring.
1e rdte: 5 ks (= 1 lb, 2 ks), (1 lb, 2 ks) 5 keer in ring, gs in 3e van 5 ks.
2e rdte: * (1 kb, 3 ks, 1 kb) in 2-ks-sp, 5 ks, her van * rondom, gs in 1e kb.
3e rdte: Gs in vlg 2 ks, 3 ks (= 1 lb), 2 lb in dies ks, * 3 ks, 1 kb in 5-ks-sp, 3 ks, 3 lb in middelste ks van vlg 3-ks-sp, her van * rondom, laat 3 lb aan einde weg, gs in bopunt van 3 ks.
4e rdte: 3 ks (= 1 lb), 1 lb in dies plek as gs, 2 lb in elk van vlg 2 lb, 8 ks, 2 lb in vlg lb, her van * rondom, laat 2 lb aan einde weg, gs in bopunt van 3 ks.
5e rdte: 3 ks (= 1 lb), 2 lb-tros, *3 lb-tros, 5 ks, (1 kb, 3 ks, 1 kb) in 8 ks-sp, 5 ks, 3 lb-tros, her van * rondom, laat laaste tros weg, gs in bopunt van 1e tros.
6e rdte: Met kleur Slate, hekel 3 ks (= 1 lb), 1 lb in vlg lb-tros, * 5 ks, 1 kb in vlg ks-sp, 5 ks, 3 lb in middelste ks van 3 ks-sp, 5 ks, 1 kb in vlg ks-sp, 5 ks, 2 lb-tros, her van * rondom, laat laaste 2 lb-tros weg, gs in bopunt van 3 ks.
7e rdte: Gs in vlg 2 ks, 1 kb in ks-sp, * 7 ks, 2 lb in elk van vlg 3 lb, 7 ks, slaan vlg ks-sp oor, 1 kb in vlg ks-sp, 5 ks, 1 kb in vlg ks-sp, her van * rondom, laat laaste 5 ks en kb weg, 2 ks, 1 lb in 1e kb.
8e rdte: 1 kb n dies ks-sp, * 5 ks, 1 kb in vlg ks-sp, 5 ks, 2 lb in vlg lb, 1 lb in elk van vlg 4 lb, 2 lb in vlg lb, (5 ks, 1 kb in vlg ks-sp) 2 keer, her van * rondom, laat laaste 5 ks en kb weg, 2 ks, 1 lb in 1e kb.
9e rdte: Hekel nog steeds met kleur Slate, 1 kb in dies ks-sp wat die vorige rdte gesluit het, *(5 ks, 1 kb in vlg ks-sp) 2 keer, 5 ks, 2 lb-tros 4 keer, (5 ks, 1 kb in vlg ks-sp) 2 keer, her van * rondom, laat laaste 5 ks en kb weg, 2 ks, 1 lb in 1e kb.
10e rdte: 1 kb in dies ks-sp wat die vorige rdte gesluit het, *(5 ks, 1 kb in vlg ks-sp) 3 keer, 5 ks, 4 lb-tros, (5 ks, 1 kb in vlg ks-sp) 2 keer, her van * rondom, laat laaste 5 ks en kb weg, 2 ks, 1 lb in 1e kb.
11e rdte: 1 kb in dies ks-sp wat vorige rdte gesluit het, *( 5 ks, 1 lb in vlg ks-sp) 2 keer, (5 ks, 1 kb in vlg ks-sp) 4 keer, her van * rondom, laat laaste 5 ks en kb weg, 2 ks, 1 lb in 1e kb.