Nuwe jaar, nuwe huis

akkreditasie
Met Covid spandeer ons deesdae meer tyd as gewoonlik in ons huise ... maak seker jou blyplek lyk so blink en nuut soos wat die nuwe jaar lyk met dié top-wenke!

1. Groen, groener, groenste

Plante gee dadelik vir ’n kamer karakter. Blaas lewe in jou huis met ’n paar groot potplante. Boonop hoef hulle nie noodwendig ’n arm en ’n been te kos nie! Hier is SARIE se dekor-span se top-aanbevelings vir huisplante.

2. Ligte wat betower

Beligting kan ’n ruimte maak of breek. Ligte wat hang is een van die maklikste manier om ’n indruk met beligting te maak. Kies beligting met ’n interessante ontwerp wat dadelik die oog vang.

3. Oop ruimte

’n Oopplan-uitleg kan jou huis groter laat lyk en boonop ’n wonderlike vloei skep in jou leefruimte. 

’n Oopplan-uitleg FOTO verskaf


4. Verwelkom met 'n stoel

Indien jou ruimte dit toelaat, is ’n stoel naby die ingang van jou huis ’n maklike manier om ’n indruk te maak. Gebruik interessante kleure en materiaal vir ’n onvergeetlike verwelkoming.

5. Sit 'n vonkel in die oog

Voeg items met ’n glinster by ’n kamer. Brons-aksente, details van kristals en versierings wat blink maak dadelik ’n ruimte meer glansryk. 

6. Laat jou muur 'n baadjie aantrek

Muurpapier is ’n lekker manier om met binnehuisversiering te eksperimenteer. Kies ’n fokus-muur en gebruik interessante ontwerpe of ’n helder kleur om dit in ’n kunswerk te omskep. 

Wit afwerkings FOTO verskaf

7. Bring die kuns

Kunswerke vang dadelik die oog en dit hoef nie noodwendig duur te wees nie. Jy kan tweedehandse en bekostigbare kunswerke in vintage winkels of flooimarkte vind.

8. Wit houtwerk

Wit houtwerk skep ’n treffende kontras met gekleurde mure, kunswerke en afrondings, en gee ook enige kamer ’n vars atmosfeer. 

Besoek Easy Life Kitchens se webtuiste vir nog idees en wenke van ’n span top-ontwerpers. 
JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees