As jy nie lus is vir ’n boom en kranse nie, dek ’n mooi skinkbord met lint, liggies wat met batterye werk en Kersballe. Plaas dit op jou eetkamertafel of in die voorportaal.
Bottels maak mooi kershouers. Voeg ’n bietjie glans by deur die bottelnekke goud te spuitverf. Plaas takkies, varings of kruie daarin en vul met water. Dek met wit-en-goue borde soos dié uit die David Jones-reeks van Woolworths en goue glase van @home.
Hou die geskenkpapier effekleurig (dis gewoonlik goedkoper) en versier dit met ’n mooi lint (materiaal-fabriekswinkels het interessante en goedkoop linte wat jou pakkie luuks laat lyk) en ’n vars siprestakkie, varingblaar of ’n roosmarynkransie.