Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Bolt kap ‘lui, bedorwe’ naellopers

Hy voorsien swarigheid vir Jamaika se naellopers by vanjaar se Wêreldkampioenskap, want dié eilandnasie se jong blitse is “bedorwe” en makeer dissipline om hard te oefen en die honger om sukses te behaal.

So sê die legendariese Usain Bolt, agtmalige Olimpiese kampioen en sy land se grootste uitblinker in ’n goue naelloop-era.

Usain Bolt is nie bang om te sê wat hy dink van die geslag naellopers wat in sy voetspore moet volg in Jamaika nie. Foto: Getty Images

Bolt het in ’n onderhoud met Reuters gewys op die nuwe geslag manlike naellopers se benadering tot oefening en het hulle as bedorwe bestempel.

“Toe ek deelgeneem het, was almal geweldig gemotiveerd, het ons hard geoefen en was almal op ’n hoë vlak. Dit voel of die standaarde sedert my uittrede (in 2017) ’n bietjie geval het.”

Sy siening word deur twee topafrigters, Glen Mills en Stephen Francis, beaam. Albei het onlangs gesê die huidige naellopers is nie daarvoor opgewasse om op die hoogste vlak deel te neem nie.

Daar was in 2018 reeds duidelike tekens hiervan toe Jamaika met ’n bronsmedalje in die 100 m, asook in die 4x100-aflos tevrede moes wees.

Bolt glo egter sy land se vroue sal die Jamaikaanse vlag trots laat wapper, met Shelly-Ann Fraser-Pryce en Elaine Thompson wat vanjaar albei ’n blitstyd van 10.73 in die 100 afgelê het – die vinnigste ter wêreld in 2019.

Bolt sê die vroueatlete is “slimmer”.

“Ek glo dít, want hulle het ’n begeerte om ryk te word en grootsheid te bereik. Hulle is ambisieus, maar tans kan ek nie dieselfde van die mans sê nie.” – Reuters

Meer oor:  Atletiek  |  Jamaika  |  Usain Bolt
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.