Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Caster hoor eers in April oor saak teen IAAF

Caster Semenya sal eers in April hoor of sy haar saak teen die Internasionale Vereniging vir Atletiekfederasies (IAAF) gewen het.

Caster Semenya / Foto: Getty Images

Dit volg nadat albei partye nuwe inligting by die Internasionale Hof vir Sportarbitrasie (CAS) ingedien het nadat die hofsaak afgehandel was.

Die beslissing sou oorspronklik voor 26 Maart gedoen word, maar die CAS het Donderdagaand (Suid-Afrikaanse tyd) aangekondig dat die twee partye tot einde April sal moet wag om te hoor wie die saak gewen het.

“Die arbitrasieproses by die CAS wat die Suid-Afrikaanse atleet Caster Semenya, Atletiek Suid-Afrika (ASA) en die IAAF insluit, duur steeds voort,” het die CAS in ’n verklaring gesê.

“Die CAS het aanvanklik gesê dat die finale besluit teen 26 Maart gekommunikeer sou word, ses maande voor die Wêreldkampioenskappe in Doha. Sedert die hofsaak van 18 tot 22 Februarie in Lausanne, Switserland, gehou is, het die partye addisionele inligting ingedien en ingestem dat die beslissing uitgestel moet word tot einde April. Geen spesifieke datum is gegee nie.”

Semenya en die ASA het die IAAF aangevat oor sy voorgestelde nuwe regulasies waarvolgens vroueatlete met natuurlike hoë testosteroonvlakke vorentoe van medikasie gebruik moet maak om hul testosteroonvlakke te verlaag indien hul wil voortgaan om aan die 400 m, 400 m-hekkies, 800 m, 1 500 m en myl deel te neem.

Semenya is die Olimpiese en wêreldkampioen in die 800 m en is ook die Statebondkampioen in die 800 m, sowel as die 1 500 m.

Die regulasies sou aanvanklik einde Maart intree, met dié atlete wat minstens ses maande hul testosteroonvlakke onder 5 nmol/liter moet hou voordat hulle mag deelneem.

Die uitstelling tot April kan lelike nagevolge vir Semenya inhou sou sy die saak verloor. Sy sal dus nie genoeg tyd hê om die medikasie te gebruik vir die periode van ses maande nie met die Wêreldkampioenskappe wat reeds in September begin.

Semenya het onlangs op die Gauteng-Noord-atletiekkampioenskappe haar slag ook in die 5 000 m gewys, ’n nommer waarop die nuwe regulasies nie van toepassing sal wees nie en kan moontlik dié nommer as ’n alternatief oorweeg indien die CAS nie in haar guns besluit nie.

Meer oor:  Atletiek  |  Iaaf  |  Asa  |  Caster Semenya
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.