Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Xasa gaan Caster oorsee ondersteun

Die minister van sport en ontspanning, Tokozile Xasa, het Woensdagaand na Switserland vertrek om Caster Semenya in haar hofsaak teen atletiek se internasionale beheerliggaam by te staan.

Die Suid-Afrikaanse sportminister, Tokozile Xasa, Caster Semenya en Gideon Sam, president van die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee. Foto: Gallo Images

Semenya is tans in Lausanne waar sy en Atletiek Suid-Afrika (ASA) die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) in die Internasionale Hof vir Sportarbitrasie (CAS) aanvat oor nuwe regulasies vir vroue met natuurlike hoë testosteroonvlakke.

“Wanneer ek in Switserland is, sal ek pres. Cyril Ramaphosa en lede van die kabinet se boodskappe van ondersteuning persoonlik aan haar oordra.

“Ek sal ook my ondersteuning aanbied vir ons span van kenners en getuies, wat tans vir ASA en Semenya verteenwoordig,” het Xasa in ’n verklaring gesê.

Xasa sal na verwagting Vrydag weer terugkeer na Suid-Afrika.

Semenya se verteenwoordigers het Dinsdag bekend gemaak dat ’n span van oorsese kenners, waaronder medici, akademici, sportwetenskaplikes en sielkundiges, namens haar in Lausanne sal getuig. – Sportredaksie

Meer oor:  Testosteroonvlakke  |  Iaaf  |  Cas  |  Cyril Ramaphosa  |  Caster Semenya
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.