Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
André Nel sluit hom by Essex aan

Dis nie net Suid-Afrikaanse krieketspélers wat gesog in Engeland is nie.

André Nel in aksie in ’n wedstryd vir Surrey in 2010.Foto: Getty Images

Die voormalige Protea-snelbouler André Nel is as afrigter by Essex aangestel.

Die graafskap het Maandag die gerugte daarvan oor die naweek op essexcricket.org.uk bevestig.

Nel (41) wat as afrigter by Oostelikes betrokke was, gaan die hulpafriger en boulafrigter wees.

Hy het 36 toetse en 79 eendagwedstryde in sy loopbaan vir Suid-Afrika gespeel.

Nel het voorheen graafskapkrieket vir Essex, Northamptonshire en Surrey gespeel.

Die graafskap het in die voorseisoen in Abu Dhabi saamgetrek.

Allan Donald is steeds Kent se boulafrigter.

Nog ’n voormalige hulpafrigter van die Proteas, Adrian Birrell, is vanjaar Hampshire se hoofafrigter. – Sportredaksie

Meer oor:  Krieket  |  Essex
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.