Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Dolphins en Warriors kruis swaarde

’n Rapsie meer as ’n week gelede het die Dolphins die Warriors in Port Elizabeth in ’n eendagwedstryd met nege paaltjies afgeransel.

Die Warriors glo dat hulle van daardie nederlaag kan opstaan om Donderdag se tweede halfeindstryd in die plaaslike reeks teen die Dolphins in Durban te wen.

Jon-Jon Smuts, die Warriors se kaptein, gee sy span ’n goeie kans om Donderdag se halfeindstryd teen die Dolphins in Durban te wen. Foto: Gallo Images

Die Titans en die Cape Cobras het Woensdag in die ander halfeindstryd kragte gemeet.

“Ek dink ons het oorversigtig in ons laaste wedstryd teen die Dolphins gekolf,” sê Jon-Jon Smuts, die Warriors se kaptein.

Toe het die Warriors net 223/9 in hul kolfbeurt aangeteken en die Dolphins het die teiken verspot maklik vir die verlies van net 1 paaltjie verbygesteek.

“Ons sal nie weer dieselfde fout begaan nie. Ons is op ons beste as ons kolwers hulself uitleef en houe speel,” sê Smuts.

In die Baai het Sarel Erwee (105*) en Vaughn van Jaarsveld (83) die Warriors stukkend geslaan.

Die Oos-Kapenaars is ook goed deur die Dolphins se draaiers – Keshav Maharaj, Senuran Muthusamy en Prenelan Subrayen – vasgepen.

Smuts sê sy span gee nie regtig om om op Kingsmead in Durban te speel nie, aangesien die blad daar vir hom “meer en meer soos St. Georgepark s’n” raak.

“Dit speel ’n bietjie stadig en dit pas ons,” reken Smuts.

Hy wys ook daarop dat die Oos-Kapenaars teen die einde van Februarie die Dolphins, wat toe met Protea-spelers soos David Miller, Andile Phehlukwayo en Imran Tahir gelaai was, met 8 paaltjies geklop het.

Daardie aand het Miller en Phehlukwayo albei 68 lopies aangeteken, maar die naatbouler Sisanda Magala was op sy stukke en het die Dolphins met boulsyfers van 5/59 laat steier.

Smuts (42*) en Gihahn Cloete (55) het toe ook gewys dat hulle daarvan hou om op Kingsmead te kolf.

Die Warriors sal duime vashou dat hul drie jong sterre – Sinethemba Qeshile, Matthew Breetzke en Lutho Sipamla – weer iets spesiaals sal kan optower.

Die Dolphins sal swaar leun op Phehlukwayo se veelsydigheid, Maharaj se draaiballe en knap kolwers soos Khaya Zondo en Erwee.

Dolphins (uit): Sarel Erwee, Vaughn van Jaarsveld, Marques Ackerman, Dane Vilas, Khaya Zondo, Sibz Makhanya, Senuran Muthusamy, Andile Phehlukwayo, Keshav Maharaj, Eathan Bosch, Okuhle Cele, Prenelan Subrayen, Lwandiswa Zuma, Daryn Dupavillon.

Warriors (uit): Matthew Breetzke, Gihahn Cloete, Jon-Jon Smuts, Sinethemba Qeshile, Yaseen Vallie, Onke Nyaku, Sithembile Langa, Thomas Kaber, Sisanda Magala, Andrew Birch, Lutho Sipamla, Lesiba Ngoepe, Jade de Klerk, Marco Marais.

Begintyd:13:30.

TV: SS 2.

Meer oor:  Eendagbeker  |  Warriors  |  Dolphins
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.