Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
KYK: Bal tref bouler teen kop, gaan vir 6

Andrew Ellis, kaptein van die Canterbury-krieketspan, is ’n taai kalant.

Stuff.co.nz berig hy is Woensdag met ’n dryfhou deur die Auckland-kolwer Jeet Raval in ’n Ford Trophy-wedstryd deur die bal van sy eie boulwerk teen die kop getref.

Canterbury se Andrew Ellis. Foto’s: Getty Images
Jeet Raval

Die bal het daarna, van Ellis se kop af, oor die grenstou geseil vir ’n ses. Die skeidsregter het aanvanklik beslis die kolwer het 'n vier geslaan, voordat 'n kykweer bewys het 'n ses is aangeteken.

Ellis het sy kop gegryp, terwyl Raval hom genader het om vas te stel of hy oukei is.

Die veelsydige speler het die veld verlaat om ’n toets vir harsingskudding te ondergaan, maar dokters was tevrede en hy het later teruggekeer om verder te speel.

Die veteraan beleef ’n rowwe seisoen weens beserings.

Hy het in Oktober ’n beentjie in sy linkerhand gebreek toe hy deur die eerste bal van die seisoen raakgeboul is.

Kort ná sy terugkeer in November het hy die wysvinger op sy linkerhand gebreek toe hy ’n vangskoot probeer benut.

Ellis het laaste gelag deur Raval (149) se paaltjie plat te trek. Hy het boulsyfers van 2/52 in 7 beurte behaal.

– Sportredaksie

Meer oor:  Krieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.