Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Jong sensasie wéér eerste in ren

Die Bloemfonteinse renjaer Stuart White het die jongste wenner van ’n uithouwedren in Suid-Afrika geword toe hy en sy spanmaats die Mopar Afrika-uithouwedren Saterdag op die Phakisa-renbaan in Odendaalsrus gewen het.

Stuart White. Foto: Argief

White (16), Craig Jarvis en Stephen Young van die Fantastic Racing-span het die prestasie in ’n Formule Renault 3.5 vermag.

Hulle het 194 rondtes om die baan in 6:01:30.114 gery om net-net voor die Aid Call 247/Rico Barlow Racing-span die boonste plek op die podium in te neem.

Die Rico Barlow Racing-span het ook 194 rondtes afgelê, maar moes met ’n tyd van 6:02:21.405 tevrede wees.

White se pa, David, sê “die oorwinning is goed vir Stuwie se CV”.

“Hopelik kan hy nog in die toekoms aan die Le Mans-wedren deelneem,” sê David.

Die Le Mans word oor 24 uur beslis en is die wêreld se oudste en prestigerykste uithouwedren. – Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.