Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Goud vir Israel, maar steeds nie as Jood beskou

Die Israeliese gimnas Artem Dolgopyat het sy Olimpiese droom bewaarheid deur ’n goue medalje in Tokio te verower, maar sy droom om in sy tuisland met sy meisie te trou, is skynbaar onwaarskynlik.

Artem Dolgopyat vier sy goue medalje in Tokio. Foto: Getty Images

The Times of Israel berig Dolgopyat, wat in Oekraïne gebore is, word as ’n nasionale held vereer nadat hy slegs die tweede Israeliet geword het om ’n Olimpiese goue medalje te wen. Dit is ook Israel se eerste Spele-goud in artistieke gimnastiek.

Maar Dolgopyat se feesvieringe is gedemp nadat sy ma gekla het dat die Israeliese owerhede weier om haar seun toe te laat om te trou omdat hy volgens ortodokse wetgewing nie as ’n Jood beskou word nie.

“Die staat laat hom nie toe om te trou nie,” sê Dolgopyat se ma, Angela Bilan.

“My seun en sy meisie, wat al lank in ’n verhouding is en die afgelope drie jaar saam woon, mag nie trou nie. Hulle moet oorsee gaan om te trou, maar hulle laat hom nie toe om oorsee te gaan nie, weens sy besig sportskedule.”

Israel se “Law of Return” bepaal enigiemand met minstens een Joodse grootouer is kiesbaar vir Joodse burgerskap.

Maar hoewel Dolgopyat se pa ’n Jood is, is sy ma nie.

Volgens halakha, die Joodse geloofswet, moet ’n persoon se ma Joods wees om self as ’n Jood beskou te word.

Dolgopyat probeer nie ’n groot bohaai oor die omstrede kwessie te maak nie.

“Dit is dinge wat ek in my hart hou, dit is nie reg om nou daaroor te praat nie,” het hy aan joernaliste in Tokio gesê.

– Sportredaksie

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Gimnastiek  |  Jode
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.