Die reël was altyd duidelik, ongeag vir wie hy rugby gespeel het, dat die bal so vinnig as moontlik by hom op die vleuel moes uitkom. En lui soos wat hy sê hy as speler was, was daar by hom geen onduidelikheid oor sy rol wanneer hy die bal ontvang het nie: “Náél doellyn toe, David Barends, náél!”