Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
All Black kry groener weivelde in Engeland

Die Nieu-Seelandse voorryman Owen Franks gaan hom aan die einde van 2019 by die Engelse klubspan die Northampton Saints aansluit.

Owen Franks, voorryman van die All Blacks, het besluit om groener weivelde te gaan soek. Foto: Getty Images

Die 31-jarige Franks het die All Blacks reeds in meer as 100 toetse verteenwoordig en was deel van die span wat die Wêreldbeker in 2011 en 2015 verower het.

Hy speel reeds sedert 2009 vir die Crusaders in Nieu-Seeland en sal hom by die Saints by sy ouer broer, Ben, aansluit.

“Nieu-Seeland sal altyd my tuiste wees, maar Northampton is ’n goeie geleentheid om my in ’n nuwe rugbyomgewing te toets en ook tyd met my familie daar deur te bring,” sê Franks.

“Ek weet ek sal eendag met trots terugkyk op my tyd in Nieu-Seeland, en daar is steeds groot doelwitte wat ek hierdie jaar, voordat ek weggaan, wil bereik.”

Franks het sy toetsdebuut in 2009 gemaak en, buiten vir sy meer as 100 toetse, het hy ook meer as 100 Superrugby-wedstryde vir die Crusaders op sy kerfstok.

Steve Hansen, afrigter van die All Blacks, sê Franks is een van die mees professionele spelers wat hy nog gebrei het.

“Sy ongelooflike verbintenis tot voorbereiding, op en van die veld, sessies in die gimnasium, sy dieet en sy spel spreek daarvan.” – Reuters

Meer oor:  Nieu-Seeland  |  Engeland  |  Rugby  |  Owen Franks  |  Northampton Saints  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.