Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blitsbok JC 6 weke langs kantlyn

Die Blitsbok JC Pretorius gaan die volgende twee toernooie van Wêreldrugby se sewesreeks misloop nadat hy Donderdag geopereer is.

Los, dis myne! JC Pretorius probeer in Vancouver uit die hande van die Fidjiaan Meli Derenalagi bly. Foto: Getty Images

Pretorius (21), wat een van die Blitsbokke se sterre was toe hulle die afgelope naweek die toernooi in Vancoucer gewen het, het ’n operasie aan sy linkerhand ondergaan.

Suid-Afrika neem van 5 tot 7 April aan die toernooi in Hongkong en ’n week later aan die een in Singapoer deel.

Die jong Pretorius het met sy werkywer in Kanada beïndruk en is ná die toernooi in die Droomspan ingesluit.

Hy is egter nie die enigste ongeval in die Blitsbok-kamp nie. Ook Mfundo Ndhlovu, wat ’n polsbesering in Las Vegas opgedoen het en nie in Vancouver in aksie was nie, gaan tussen vier en ses weke langs die kantlyn wees.

Dit beteken dat hy waarskynlik in ’n wedloop teen tyd gewikkel is om betyds vir die toernooi in Singapoer beskikbaar te wees.

Meer oor:  Sewesrugby  |  Blitsbokke  |  Jc Pretorius
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.