Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bulle en Haaie speel gelykop in klipharde sukkelstryd

Die Haaie en Bulle het Saterdagmiddag op ’n skoolveld in Ballito aan die KwaZulu-Natalse noordkus met 7-7 gelykop gespeel in hul laaste wedstryd ter voorbereiding op vanjaar se Superrugby-reeks.

Curwin Bosch van die Haaie.Foto: Gallo Images

Die Bulle het die pap aanvanklik dik aangemaak, met Handré Pollard wat vroeg-vroeg deur ’n gaping geglip het en Jesse Kriel wat net-net nie die bal voor die doodlyn gedruk kon kry vir ’n drie nie.

Ná ’n kwartier was daar egter nog geen telling nie, en is spel gekenmerk deur groot plettervatte, en heelwat ongedwonge foute aan albei kante.

Die Haaie se lynstane het oudergewoonte gelol met ’n paar kritieke balle wat op hul eie ingooi verloor is.

Die Bulle het uiteindelik, ná bykans ’n halfuur, eerste bloed getrek toe hul nuwe Springbokhaker, Schalk Brits, van ’n aanvallende lynstaan af deur sy pak oorgedryf is.

Die Haaie het egter skaars vyf minute later teruggeslaan met ’n drie deur die skrumskakel, Cameron Wright, ná ’n breekslag deur die hardwerkende Tyler Paul op flank.

Daar was aanvanklik verwarring oor of Curwin Bosch se doelskop suksesvol was, maar dit is uiteindelik wel toegeken.

Dit het die halftydtelling, en inderdaad die eindtelling, op 7-7 te staan te bring.

Daar was aanvanklik verwarring oor of Curwin Bosch se doelskop suksesvol was, maar dit is uiteindelik wel toegeken.

Albei afrigters het ná ’n kwartier in die tweede skof heelwat veranderinge aangebring, maar dit het geensins afbreek gedoen aan die intensiteit van die kragmeting nie.

Met die hitte wat die Bulle effens begin aantas het, het die Haaie groter gebiedsvoordeel begin kry in die laaste kwart en het van hul nuwelinge die kans aangegryp om ’n merk te maak.

Jong spelers soos die stut Khutha Mchunu, die flank Phepsi Buthelezi en die skrumskakel Grant Williams het veral beïndruk en hou groot belofte in.

Die Haaie vertrek nou na Singapoer waar hulle Saterdag hul Super Rugby-veldtog teen Japan se Sunwolves afskop, terwyl die Bulle later dieselfde dag die Stormers tuis die stryd aansê.

* Puntemakers:

Haaie 7 (7): Drieë: Cameron Wright. Doelskoppe: Curwin Bosch (1).

Bulle 7 (7): Drieë: Schalk Britz. Doelskoppe: Handré Pollard (1).

Meer oor:  Curwin Bosch  |  Handré Pollard  |  Ballito  |  Bulle  |  Superrugby  |  Haaie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.