Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs moet groot berg klim in Glasgow

Die Cheetahs is sonder die flank Junior Pokomela na Skotland vir hul Pro14-rugbywedstryd Saterdag teen die Glasgow Warriors.

Hy moes hom op die nippertjie weens ’n seer rug onttrek.

Henco Venter vervang Junior Pokomela in die beginspan. Foto: Gallo Images

Dit bring mee dat Henco Venter vir Pokomela in die beginspan teen die Warriors sal vervang.

Gerhard Olivier, wat nie sou saamtoer nie, moes inderhaas sy tasse gaan pak om Venter op die plaasvervangersbank te vervang.

“Die plan om Gerhard te rus het toe nie gewerk nie. Ons het geweet dat die vlug waarskynlik Junior se probleem sou vererger, so hy kry ten minste nou ruskans en hy sal reg wees wanneer ons terugkeer,” sê Franco Smith, die breier.

Smith sê hulle maak hulle klaar vir een van die taaiste wedstryde van die seisoen.

“Ons kom die naweek teen internasionale spelers te staan nadat die Warriors ’n klomp spelers teruggekry het wat diens vir Skotland in die Sesnasies-reeks gedoen het.

“Ons word teen ’n internasionale span gemeet, terwyl ons nie ’n enkele internasionale speler het nie. Dit gaan nie maklik wees nie, maar die spelers weet wat hulle moet doen en waartoe hulle in staat is.”

Smith sê sy groep het in elke wedstryd verbeter maar daar is nóg ruimte vir verbetering.

“Ons het aan die begin van die seisoen gesê ons wil elke week beter wees en het dit reggekry. Ek glo ons is nog nie waar ek dink ons behoort te wees nie.”

Hy sê hy is oortuig daarvan dat die Warriors Saterdag se wedstryd gaan gebruik om hul span weer te laat saamsnoer met die oog op die Heineken-bekerreeks waarin hulle volgende week speel.

Die Pro14-reeks neem dan ’n blaaskans en word dan weer op 5 April hervat.

“Hulle is ontwrig deur die Sesnasies-reeks maar bly ’n taai span. Boonop is hulle 20% beter by die huis. Dis ’n groot berg wat Saterdag geklim moet word.”

Hy sê die span is bewus daarvan dat hulle ’n buitekans het om die uitspeelstryde te haal.

“Almal wil wen. Daar is nie een speler in die groep wat nié wil wen nie. Ons mikpunt vir dié wedstryd is om soveel moontlik drieë te druk. Ons gaan ons beste doen.”

Die wedstryd teen die Skotte is die Cheetahs se laaste oorsese een van hulle tweede Pro14-seisoen. Hulle sluit die reeks tuis met drie wedstryde teen die Ospreys, Dragons en Southern Kings af.

Meer oor:  Pro14  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.