SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Rugby
Duane bly om met Rassie herenig te word

Bitter min seisoene in Duane Vermeulen se rugbyloopbaan het nie ten aanskoue van Rassie Erasmus verloop nie.

Dit was Erasmus wat ’n 21-jarige Vermeulen in 2007 van die Pumas na die Vrystaat gelok het.

Duane Vermeulen staan die media te woord. Foto: Gallo Images

Dieselfde Erasmus het hom in 2009 Stormers toe gelok en nou het Erasmus, as Springbok-breier, dié sterk agtsteman by sy eerste Bok-groep ingesluit.

By Vermeulen (31), wat reken hy is topfiks en ’n paar kilogram ligter as in 2017, is daar geen twyfel dat Erasmus die regte man is om Bok-rugby se herlewing in te lui nie.

“Ek en Rassie kom ’n lang pad saam. Ek het ongelooflik baie respek vir die ou. Hy het my die meeste van my rugby geleer. Ons het ook al baie kop gestamp, maar dit maak ’n ou net sterker,” het Vermeulen Dinsdag in Johannesburg gesê.

“Ek het ook nog nie klaar geleer nie en ek dink hy is die regte man om ons vorentoe te neem en ons as spelers en individue help om beter te word,” sê hy.

Erasmus sal bly wees dat hy nou op ’n fikse Vermeulen kan staatmaak, nadat die agtsteman in 2017 deur beserings geteister is.

“Alles lyk goed wat my fiksheid betref. Daar is gelukkig nie meer strapping aan my knieë nie en ek is dalk so een of twee kilogram ligter.”

Beserings het veroorsaak dat Vermeulen in 2017 slegs twee toetse kon speel, op die jaareindtoer teen Frankryk en Italië. Algeheel het hy slegs vier toetse in die Allister Coetzee-era gespeel, wat ook twee teen Ierland in Junie 2016 insluit.

Vermeulen het ’n opsigtelike verskil opgelet tussen die Bok-groep waarby hy verlede jaar aangesluit het, en die huidige een.

“Verlede jaar was die einde van een afrigter se era en die ouens was op ’n moeilike plek nadat hulle teen Ierland verloor het.

“Toe ek daar ingestap het, kon ek agterkom die ouens is bek-af. Jy kon in hul liggaamshouding sien iets skort. Nou is dit ’n nuwe klomp ouens en almal is opgewonde om die seisoen vars te begin.”

Ons hele opset het ’n ander benadering as onder die vorige afrigters onder wie ek gespeel het. Dit gee ’n ou meer vryheid om te kyk hoe en waar ons wil speel. Daar is strukture, maar ons kan ook hardlooprugby speel.

Dit was ook nie vir Vermeulen ’n groot aanpassing om Erasmus se nuwe idees baas te raak nie.

“Ons was ingeperk wat ons voorbereidingstyd vir Saterdag se toets teen Engeland betref, maar ons gaan beslis ons beste doen om al die nuwe bewegings en planne te leer, sodat ons uitvoering puik kan wees,” sê Vermeulen.

Hy glo die Bokke se onvoorspelbaarheid kan ’n wapen wees teen die Engelse, wat reeds ’n geruimte tyd onder die breierskap van Eddie Jones saam speel.

“Dis ’n nuwe opset, ’n nuwe afrigtingstyl, alles is nuut. Hulle weet dus nie wat ons kan vermag nie. Ons sal sien wat Saterdag gebeur.

“Hulle mag dalk dink ons gaan die ou Suid-Afrikaanse styl speel, maar almal mag dalk verras wees deur die wyse waarop ons gaan speel.

“Ons het baie opwindende jong ouens met baie talent. Ons het vleuels, heelagters, senters wat SA Rugby baie gemis het. Ons het outjies wat kán afrond.

“Ons hele opset het ’n ander benadering as onder die vorige afrigters onder wie ek gespeel het. Dit gee ’n ou meer vryheid om te kyk hoe en waar ons wil speel. Daar is strukture, maar ons kan ook hardlooprugby speel.”

Vermeulen sien ook uit na ’n potensiële tweestryd met die groot Engelse agtsteman, Billy Vunipola.

“Billy en sy broer Mako (stut) is albei groot baldraers en hulle kry Engeland op die voorvoet. Engeland het ’n groot pak en ons moet goed voorberei vir hulle.

“Dit is ’n uitdaging en ek sien daarna uit om teen Billy te staan te kom op toetsvlak. Ek het in ’n paar klubwedstryde teen hom gespeel.”

Meer oor:  Bokke  |  Duane Vermeulen  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Rassie Erasmus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.