Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Habana rig oud-spanmaat Percy af
Bryan Habana duik oor die doellyn tydens 2015 se Wêreldbeker-toernooi in Engeland. Foto: Getty Images

Ná die voormalige Springbok-vleuel Bryan Habana 124 toetse in sy loopbaan gespeel het, gaan hy sy hand aan afrigting waag.

Die 35-jarige Habana is die afrigter van die Oakheart-uitnodigingspan, wat die naweek aan die Kaapstad-tienetoernooi by die Hamilton-klub deelneem.

Bryan Habana en Percy Montgomery tydens ’n Springbok-oefening in 2009 in Australië. Foto: Getty Images

Habana, wat in 2007 Wêreldrugby se Speler van die Jaar was, het in 2018 sy uittrede aangekondig, nadat hy die laaste paar seisoene vir die Franse klubspan Toulon uitgedraf het.

Een van die spelers in Habana se groep is die voormalige Bok-heelagter en ’n mede-Wêreldbekerwenner in 2007, Percy Montgomery, wat self Suid-Afrika in meer as 100 toetse verteenwoordig het.

Ander bekende spelers wat ook in aksie sal wees, sluit in Hanyani Shimange, oud-Bok-haker wat die Stormers straks vanjaar as skrumkonsultant in die Superrugby-reeks gaan bystaan, die oud-vleuel Jongi Nokwe, wat vier drieë in ’n toets in 2008 teen Australië gedruk het, en die oud-Bok-skrumskakel Bolla Conradie.

Habana se span speel drie wedstryde Vrydag, met die uitkloprondes wat Saterdag beslis word.

Oakheart-span:

Voorspelers: Darron Nell, Hanyani Shimange, Andries Human, Marco Wentzel, Ryno Barnes, Mpho Mbiyozo, Chris Sheasby, Blackie Swart, Reginald Nutt. Agterspelers: Norman Jordaan, Bolla Conradie, Joe van den Berg, Monty Dumond, Andries Strauss, Jongi Nokwe, Neil Cole, Quintin Daniels, Marc Watson, Mac Masina, Hanno Coetzee, Percy Montgomery, Henno Mentz, Niklaas Soutman.

– Sportredaksie

Meer oor:  Bryan Habana
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.