Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Japan kan op WB verras, sê Deans

Japan het ’n realistiese kans om die kwarteindronde van die Wêreldbekerrugby-toernooi te haal wat later vanjaar in sy agterplaas aangebied word.

Wimpie van der Walt, ’n Suid-Afrikaner van geboorte wat vir Japan speel, seil onder ’n All Black in tydens die toets tussen die twee lande in 2018 in Tokio. Foto: Getty Images

So sê die Nieu-Seelander Robbie Deans, oud-afrigter van Australië, wat sedert 2014 in Japan afrig.

“Hulle (Japan) het ’n regte en realistiese kans om die kwarteindronde vir die eerste keer te haal, sê die 59-jarige Deans wat die Crusaders tussen 2000 en 2008 tot vyf Superrugby-titels gebrei het.

“Hulle sal beslis nie tevrede wees as hulle nie die uitspeelrondes haal nie. Dit sal ’n uitdaging vir hulle wees, maar dis realisties.”

Die Brave Blossoms was op die vorige toernooi, in 2015 in Engeland, vir die grootste skok in die geskiedenis van die toernooi verantwoordelik toe hulle, met Eddie Jones as breier, met die Springbokke afgereken het.

Die huidige afrigter, Jamie Joseph, wat in sy speeldae toetsrugby vir Nieu-Seeland en Japan gespeel het, se doelwit is om ’n span op die veld te stoot wat fisiek nie vir teenstanders hoef terug te staan nie.

Om dit reg te kry kyk Joseph in die rigting van oorsese spelers, soos die oud-Bulle Grant Hattingh en Lappies Labuschagne, wat die afgelope week in Japan se oefengroep ingesluit is en later in 2019 kwalifiseer om hul aangenome land te verteenwoordig.

Robbie Deans / Foto: Getty Images

“Dit (oorsese spelers wat kwalifiseer om Japan te verteenwoordig) sal diepte aan die huidige groep verskaf. Die huidige groep kan speel, is kreatief en het talentvolle spelers, maar daar kort tog diepte,” sê Deans, wat in sy speeldae vir die All Blacks uitgedraf en later ook ’n hulpafrigter van die span was.

Deans sê Japan se nasionale span het baat gevind by die Sunwolves se deelname aan die Superrugby-reeks.

“Jy kry blootstelling aan ’n hoër vlak van mededinging, wat op sy beurt weer die Topliga help, veral wat betref kontak.

“Toe ek hier begin het, was die spel vinnig en die spelers het vaardighede gehad, maar by die afbreekpunte was daar nie regtig enige mededinging nie,” sê Deans.

Japan, wat hom saam met Ierland, Skotland, Samoa en Rusland in ’n groep bevind, sal die eerste land van Asië word om die skouspel aan te bied. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Jamie Joseph  |  Wimpie Van Der Walt  |  Robbie Deans  |  Japan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.