Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kanniedood Draak verleng Wallis-kontrak

Alun Wyn Jones het aangekondig dat hy sy kontrak met die Walliese Rugbyunie en die Ospreys verleng het.

Alun Wyn Jones en sy dogter vroeër vanjaar nadat sy span die Sesnasies-kroon gewen het. Foto: Getty Images

Dié 33-jarige slot, die mees ervare in die geskiedenis van toetsrugby, het volgens pro14.org Dinsdag aangekondig dat hy tot Junie 2021 vir die Ospreys en Rooi Drake beskikbaar sal wees.

Hy het reeds 134 toetse – 125 vir Wallis en nege vir die Britse en Ierse Leeus – op sy kerfstok.

Jones is ook die speler wat met die meeste verskynings vir die Ospreys, 238, spog.

Die Walliese kaptein en sy spanmaats vertrek later vandeesweek na Switserland vir ’n Wêreldbeker-oefenkamp.

* Die mees ervare Springbok is die slot Victor Matfield wat 127 toetse in sy loopbaan gespeel.

Meer oor:  Ospreys  |  Wallis  |  Alun Wyn Jones
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.