Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Kieran sluit hom by Jake se klub aan

Ná maande se bespiegeling, is daar Woensdag bevestig dat die All Blacks se kaptein, Kieran Read, hom by die Japanse klub Verblitz sal aansluit ná die Wêreldbeker-toernooi.

Kieran Read, kaptein van die All Blacks. Foto: Getty Images

Die 33-jarige agtsteman, wat Nieu-Seeland reeds in 118 toetse verteenwoordig het sedert hy sy buiging in 2008 gemaak het, sê hy en sy gesin sien uit na die oorsese ervaring.

“Japan bied aan my en my gesin die geleentheid om ons in die Japanse kultuur te verdiep as deel van die Toyota- (Verblitz) klub,” sê Read.

“Ek dink die tyd is reg om die aankondiging te doen, sodat ek my fokus kan verskuif na die seisoen wat ophande is.”

Verblitz word deur ’n voormalige afrigter van die Springbokke, Jake White, gebrei. Daar is vroeër die week berig dat Gert Smal die einde van die maand sy pos as die Westelike Provinsie se direkteur van rugby sal verlaat om Verblitz se voorspelers te brei.

Smal sal na verwagting White aanstaande jaar as afrigter opvolg.

Suid-Afrikaners soos die vleuel Gio Aplon en die losskakel Lionel Cronjé is ook op Verblitz se boeke. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Kieran Read  |  Jake White  |  Gert Smal  |  Verblitz  |  Japan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.