Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oud-King neem leisels by Scarlets

’n Voormalige agterlynafrigter van die Southern Kings gaan aanstaande seisoen die leisels by die Walliese klubspan die Scarlets oorneem.

Brad Mooar / Foto: Getty Images

Die 44-jarige Brad Mooar is die afgelope drie seisoene die Crusaders se hulpafrigter. Hy was ’n hulpafrigter by die Baaienaars ’n paar seisoene gelede toe die span nog aan die Superrugby-reeks deelgeneem het.

Mooar gaan Wayne Pivac ná die huidige seisoen vervang. Daar is vroeër vanjaar berig dat Pivac Warren Gatland as Wallis se afrigter gaan opvolg ná aanstaande jaar se Wêreldbeker-toernooi in Japan.

Volgens die BBC sê Mooar die geleentheid om die Scarlets af te rig, is te goed om van die hand te wys.

“Die Scarlets is ’n produk wat oor die wêreld heen bekend is, nie net as ’n wenklub nie, maar ook oor sy trotse geskiedenis en geesdriftige ondersteuners.”

Die klub het verlede seisoen in die eindstryd van die Pro14-reeks verloor, nadat hulle in die 2016/17-seisoen as die kampioen gekroon is.

– Sportredaksie

Meer oor:  Scarlets  |  Pro14  |  Kings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.