Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Eben Etzebeth dop fiksheidstoets

Die Springbok-slot Eben Etzebeth sal nie vir die Stormers opdraf in Saterdag se Superrugby-wedstryd teen die Hurricanes in Wellington nie.

Eben Etzebeth / Foto: Getty Images

Etzebeth, wat harsingskudding opgedoen het in verlede Vrydag se wedstryd teen die Jaguares, kon nie deur die vyfde en laaste fase van sy rehabilitasie kom nie.

Dit verg deelname aan ’n volle kontak-oefensessie, terwyl die afrigtingspan ook moet seker maak dat sy selfvertroue en funksionele vaardighede na wens is.

JD Schickerling is gevolglik Chris van Zyl se slotmaat in die Westpac-stadion, terwyl Salmaan Moerat die hemelbesem op die plaasvervangersbank gaan wees.

“Ons het gehoop dat Eben sal kan speel, maar hy het dit laat in die week ongelukkig nie deur al die toetse gemaak nie. Ons het daarom besluit om hom nóg ’n week te gee om ten volle te herstel,” sê die Stormers se afrigter, Robbie Fleck.

“JD Schickerling se spelpeil hierdie seisoen is uitstekend en ons is opgewonde om te sien wat Salmaan Moerat sal kan doen met hierdie geleentheid.”

Die Stormers se span is: Dillyn Leyds, Sergeal Petersen, Ruhan Nel, Damian de Allende, SP Marais, Jean-Luc du Plessis, Herschel Jantjies, Juarno Augustus, Pieter-Steph du Toit, Siya Kolisi (k), JD Schickerling, Chris van Zyl, Frans Malherbe, Bongi Mbonambi, Steven Kitshoff. PLAASVERVANGERS: Scarra Ntubeni, Corné Fourie, Wilco Louw, Salmaan Moerat, Jaco Coetzee, Justin Phillips, Dan du Plessis, Damian Willemse.

Meer oor:  Stormers  |  Superrugby  |  Hurricanes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.