Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Force krap kaarte deurmekaar met derby-sege

In ’n wedstryd wat opnuut die verval in Australiese rugby onderstreep het, moes ’n ongedissiplineerde Reds-span op sy tuisveld in Brisbane die knie teen die Western Force buig.

’n Geruk en gepluk was aan die orde van die dag toe die Force en die Reds Vrydag kragte gemeet het. Foto: Getty Images

Die Force het hul aanspraak op die behoud van hul Superrugby-status versterk deur die tuisspan met 40-26 te troef.

Die oorwinning beteken die Force skuif verby die Reds tot in die derde plek op die Australiese puntelys. Dit maak die besluit oor watter span onder die valbyl moet beland al moeiliker.

Albei spanne het in ’n tjommelstryd vier drieë gedruk, maar dit was die skopstewel van die oud-Stormer Peter Grant wat eindelik vir die span van Perth deurslaggewend was.

Grant het drie van die drieë verdoel en ook met drie strafdoele geslaag.

Die stryd voorlangs was uiters taai met Stephen Moore en George Smith van die Reds wat behoorlik onder die Force ingeklim het.

Die Force se vaste fasette was egter strykdeur stewig.

Soos wat daar van ’n taai derbywedstryd verwag kan word, het die humeure deurentyd opgevlam, en dit was veral tydens die tweede helfte wat die stryd in ’n geveg met oomblikke van rugby tussenin ontaard het.

Die Reds se dissipline het hulle in dié tydperk lelik in die steek gelaat en hulle is met twee geelkaarte (Nick Frisby en Eto Nabuli) én ’n strafdrie gestraf.

Albei spanne se vaardighede het hul al te dikwels in die steek gelaat en talle ongedwonge foute sou die 12 040 toeskouers in die stadion tot raserny gedryf het.

Puntemakers:

Reds 26 (5): Drieë: Duncan Paia’Aua, Lukhan Tui, Stephen Moore (2). Doelskoppe: Quade Cooper (3).

Force 40 (13): Drieë: Ross Haylett-Petty, Strafdrie, Marcel Brache, Tatafu Polota-Nau. Doelskoppe: Peter Grant (3), Strafdoele: Grant (4).

Superrugby-bepalings

Superrugby-uitslae

Superrugby-puntelyste

Meer oor:  Brisbane  |  Force  |  Superrugby  |  Reds
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.