Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Slotkrisis tref Bulle voor stryd teen Haaie

Die Bulle het ’n krisis op slot in die aanloop tot Saterdag se Superrugby-wedstryd teen die Haaie op Loftus Versfeld.

Hanro Liebenberg sal Saterdag sy lyf slot moet hou vir die Bulle in hul Superrugby-wedstryd teen die Haaie. Foto: Gallo Images

In dieselfde week wat Pote Human, afrigter van die Bulle, verneem het sy kaptein, Lood de Jager, gaan weens ’n skouerbesering die res van die kompetisie misloop, moes die belowende slot Eli Snyman hom weens dieselfde besering aan die span onttrek.

RG Snyman (enkel) is ook op die krukkelys en Hendré Stassen is steeds in Frankryk, waar hy vir Stade Français speel.

Human het Hanro Liebenberg, wat sover dié seisoen langs die kant van die skrum sak, noodgedwonge as Jason Jenkins se slotmaat gekies.

Ruan Steenkamp het harsingskudding teen die Leeus opgedoen, wat beteken dat Tim Agaba en Jannes Kirsten die nuwe flanke is.

Daar is ook ’n verandering in die agterlyn, met Ivan van Zyl wat op skrumskakel by sy Springbok-spanmaat Embrose Papier oorneem.

Bulle: Warrick Gelant, Cornal Hendricks, Jesse Kriel, Dylan Sage, Rosko Specman, Handré Pollard (k), Ivan van Zyl, Duane Vermeulen, Tim Agaba, Jannes Kirsten, Jason Jenkins, Hanro Liebenberg, Trevor Nyakane, Schalk Brits, Lizo Gqoboka. PLAASVERVANGERS: Corniel Els, Simphiwe Matanzima, Dayan van der Westhuizen, Thembelani Bholi, Paul Schoeman, Embrose Papier, Manie Libbok, Divan Rossouw.

Meer oor:  Haaie  |  Bulle  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.