Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wallis gaan 2 Pro14-spanne laat saamsmelt

’n Ingrypende strukturele verandering word vandeesweek aan Walliese beroepsrugby gemaak wanneer die Ospreys en Scarlets gaan saamsmelt.

Dis Ospreys en Scarlets baklei van aanstaande jaar af waarskynlik vanuit dieselfde hoek eerder as teen mekaar in Wallis. Foto: Getty Images

Hulle neem tans afsonderlik deel aan die Pro14-reeks, maar die Walliese Rugbunie (WRU) wil ’n nuwe streekspan in die noorde van Wallis vestig, berig walesonline.co.uk. Vir Wallis om steeds vier spanne in die veld te kan stoot, sal een van die bestaande spanne moet wegval of met ’n ander kragte saamsnoer. Van daar die besluit om die Scarlets en Ospreys te laat saamsmelt.

Die besluit kan straks deur die loop van Dinsdag al formeel deur die WRU bekragtig word.

Indien dit gebeur, behoort ’n aankondiging Sondag gedoen te word.

In daardie geval sal dié spanne van aanstaande jaar af onder een vaandel moet meeding. Daarmee saam sal dit die WRU onder druk plaas om die nuwe streek teen aanstaande jaar al gevestig te kry.

Personeel van die Ospreys en Scarlets is glo Maandag van die samesmelting ingelig.

Die Cardiff Blues en die Dragons is tans die ander beroepspanne in Wallis.

Die Ospreys lê tans vyfde in die Pro14-reeks se Konferensie A, terwyl die Scarlets vierde in Konferensie B is.

– walesonline.co.uk; Reuter

Meer oor:  Pro14  |  Toetsrugby  |  Rooi Drake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.