Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Bafana se reg-of-weg-stryd skuif na Tunisië
’n Spanfoto van Bafana Bafana voor ’n wedstryd teen Benin in Sfax in 2004, toe die Afrikabeker-toernooi in Tunisië aangebied is.Foto: Getty Images

Bafana Bafana sal Libië in Tunisië die stryd aansê in sy laaste kwalifiserende groepwedstryd vir die sokkertoernooi om die Afrikabeker.

Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) is sedert die naweek aan ’n lyntjie gehou oor wáár die wedstryd gaan plaasvind.

Dit gaan volgens ’n kennisgewing van die Konfederasie vir Afrikasokker (Caf), wat uiteindelik Woensdag ontvang is, op 24 Maart om 18:00 in die Stade Taieb Mhiri in Sfax, Tunisië, plaasvind.

Die hawestad Sfax het ’n bevolking van sowat 330 000 mense en is 270 km suidoos van die hoofstad, Tunis.

Die Stade Taieb Mhiri het plek vir sowat 25 000 toeskouers en was in 2004 een van die gasheerstadions toe Tunisië die Afrikabeker-toernooi aangebied het.

Stuart Baxter, afrigter van Bafana Bafana, weet oplaas waar sy span sy laaste Afrikabeker-kwalifiseerder teen Libië gaan speel.Foto: Gallo Images

Die wedstryd kan weens voortslepende politieke onluste nie in Libië gehou word nie en moes noodgedwonge verskuif word.

Suid-Afrika moet minstens gelykop speel om sy plek in die Afrikabeker-toernooi te bespreek. Dié skouspel word in Junie in Egipte beslis.

Russell Paul, Safa se waarnemende uitvoerende hoof, sê hulle is verlig om uiteindelik te weet waar en hoe laat die bepalende kragmeting gaan wees.

“Die afrigter (Stuart Baxter) kan nou begin om die weg vorentoe te beplan.” – Johann de Jager, Safa.net

Meer oor:  Stuart ­Baxter  |  Libië  |  Tunisië  |  Sokker  |  Bafana  |  Afrikabeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.