Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Murray-hulle by Wimbledon uitgeskakel

Span MuRena het gesneuwel.

Die dubbelspelkombinasie van Serena Williams en Andy Murray wat tennisliefhebbers die laaste paar dae op Wimbledon gaande gehad het, het tot ’n einde gekom.

Span MuRena – Serena Williams en Andy Murray – het Woensdag vir Wimbledon gegroet. Foto: Reuters

Bruno Soares van Brasilië en sy Amerikaanse maat, Nicole Melichar, het hulle Woensdag in die derde ronde van die gemengde dubbelspel uitgeskakel. Hulle was op Baan 2 in 90 minute met 6-3, 4-6, 6-2 baas.

Murray en Pierre-Hugues Herbert van Frankryk is reeds in die tweede ronde van die mansdubbelspel uitgeskakel, maar die Skot sal baie tevrede voel met sy vertonings ná sy heupoperasie vroeër vanjaar.

Hy het nege dubbelswedstryde agter die rug nadat hy en Feliciano Lopez verlede maand die titel in die Queen’s-toernooi gewen het.

Kim Sears, vrou van Andy Murray, kom Woensdag by Wimbledon aan om haar man se dubbelspelwedstryd dop te hou. Foto: Reuters

Bespiegelinge neem toe dat Murray volgende maand aan die Amerikaanse Ope sal deelneem, maar hy sê hy moet nog besluit.

Intussen bespiegel Britse media dat sy vrou, Kim Sears, weer swanger kan wees nadat sy Woensdag met ’n polkadot-rok wat lyk soos kraamdrag by Wimbledon opgedaag het.

Die egpaar het reeds twee dogters, Sophia (3) en Edie (1).

Die nederlaag is ’n bedekte seën vir Williams, wat Donderdag in die halfeindronde van die enkelspel teen die Tsjeg Barbora Strycova te staan kom.

Die eerste halfeindstryd is tussen Simona Halep en Elina Svitolina. – Sportredaksie

Meer oor:  Dubbelspel  |  Wimbledon  |  Serena Williams  |  Andy Murray
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.