Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Navratilova in pekel oor penis-aanmerking

Die tennislegende Martina Navratilova het die transgendergemeenskap in oproer omdat sy gesê het mense was as mans gebore is, moet nie toegelaat word om aan vrouesport deel te neem nie.

Die 18-malige Grand Slam-wenner van die Tsjeggiese Republiek word van “transfobie” beskuldig nadat sy op Twitter gereageer het op ’n vraag.

Martina Navratilova. Foto: Getty Images

“Dit kan tog nie reg wees nie. Jy kan jouself tog nie tot vrou verklaar en dan toegelaat word om teen vroue mee te ding nie. Daar moet standaarde wees, en om ’n penis te hê en as vrou mee te ding, is nie deel van daardie standaarde nie,” het Navratilova getwiet.

“Vir my gaan dit oor wat regverdig is. Wat beteken elke geval moet individueel beoordeel word . . . daar is nie ’n koekievorm vir hoe dinge gedoen moet word nie.”

Athlete Ally, die Amerikaanse organisasie vir sportlui in die LGBT-gemeenskap, het alle bande met Navratilova verbreek ná haar opmerkings. Sy is afgedank as lid van hul adviesraad, berig die BBC.

Navratilova het in die Britse koerant The Sunday Times geskryf: “ ’n Man kan besluit om ’n vrou te word, hormone gebruik soos verwag word van watter sportorganisasie ook al, alles voor die voet wen en miskien ook ’n klein fortuintjie maak – en dan sy besluit verander en voortgaan om babas te maak as hy dit sou wou doen.

“Dit is malligheid en kroek. Ek spreek met liefde ’n transgendervrou aan soos sy dit verkies, maar ek wil nie teen haar meeding nie. Dit sal nie regverdig wees nie.”

Dr. Rachel McKinnon, ’n transgendervrou wat ’n vrouefietsrytitel gewen het op die UCI Masters-wêreldkampioenskap, het geëis dat Navratilova om verskoning vra, berig Stuff.

Ek spreek met liefde ’n transgendervrou aan soos sy dit verkies, maar ek wil nie teen haar meeding nie. Dit sal nie regverdig wees nie.
Martina Navratilova

“Geslagsdele speel nie sport nie. Watter deel van ’n penis hou met tennis verband?” wou McKinnon weet.

Navratilova hét om verskoning gevra en gesê sy het nie bedoel om aanstoot te gee nie, maar McKinnon het voortgetier.

“Besef jy ek is ’n transgender-wêreldkampioenatleet?” vra sy Navratilova in ’n stadium, waarop Navratilova antwoord: “Rachel, jy mag ’n kenner wees oor alles wat trans(gender) is, maar jy is ’n nare entjie mens.”

Volgens riglyne van die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) – waaronder Suid-Afrika se Caster Semenya ook deelneem – mag vroue wat mansatlete word vryelik as mans deelneem, maar mans wat vroue word, moet hul testosteroon 12 maande lank onder ’n sekere vlak hou voordat hulle as vroue mag deelneem.

Meer oor:  Martina Navratilova
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.