Dis maklik om self te maak...

[divider]

Groen en grys

[divider]

Kondig die koms van Kersfees aan met ’n krans uit jou tuin. Kies plantmateriaal in skakerings van groen en grys en versier ’n bloemistering daarmee. Hier is Santolina, Brunia, Papaver somniferum, artisjokke, Scabiosa stellata, lourierblare, speldekussingknoppe en kolkol.

[divider]

[divider]

Rondomtalie

[divider]

Bêre al jou kurkproppe deur die jaar vir ’n vrolike Kerskrans in verskillende skakerings. Lym die proppe op ’n kartonbasis vas om die krans struktuur te gee en die ronde fatsoen te behou.

[divider]

[divider]

Die loof

[divider]

Die basis word altyd met blare, plantranke, takkies of mos bedek om dit ’n natuurlike gevoel te gee. In Europa en ander kouer wêrelddele word die huls (Ilex cornuta ‘Burfordii’ ) meestal gebruik. Die verskillende sipresse is oral gewild, want dit het ’n uitstekende houvermoë en het ’n sterk verbintenis met Kersfees. Klimop word ook baie gebruik. Gebruik verskillende soorte loof om jou krans tekstuur te gee. Selfs ’n krans wat net uit blare bestaan, is mooi.

[divider]

[divider]

Al die veld is vrolik

[divider]

Die deur is klaar rooi geverf vir die feestyd! Hang jou krans van fynbos aan die deur om verder welkom te sê. Gebruik nat bloemisteskuim vir die fynboskrans.

[divider]

[divider]

Ander materiaal

[divider]

Kikker jou krans op metstrikke, Kersbolle, dennebolle,kaneelstokkies en liggies.As jy vanjaar by die see is,gebruik ’n skulp of twee injou krans. Sorg dat jou lintfeestelik lyk en ook die winden weer kan verduur.

[divider]

[divider]

Kersfees is elke jaar ’n baie spesiale tyd in dié huishouding.

[divider]

Twee Kerskranse verwelkom gaste elke jaar. Kyk hoe die Kerstema in die potte herhaal word.

[divider]