Vanjaar se Regruk met Flair-kompetisie het ons verras met ’n verbysterende aantal inskrywings. Dié projekte sal jou asem wegslaan – en vir die eerste keer het ons lesers ook die kans gekry om te stem sodat hul gunstelinge die topvyf kan haal. Wie die vyf gelukkige paartjies is, kondig ons in die November-uitgawe (17 Oktober op die rakke).

[24_slider id="98190"]

Op 12 November vanjaar keer die gala terug na die lieflike Le Bac-landgoed in die Paarl, met die majestueuse Drakensteinberge as agtergrond. Die radio-en-TV-persoonlikheid Tracy Lange is die gasvrou en die musiekster Heinz Winckler gaan sorg vir die vermaak. Ingesluit by jou kaartjie kry jy ’n heerlike laatontbyt, ’n kosdemonstrasie deur Tuis se kosredakteur, Johané Neilson, en ’n selfdoen-demonstrasie deur ons eie DIY Deon.

En natuurlik die hoogtepunt van die dag – die aankondiging van 2016 se Opknapper van die Jaar! Het jy al jou plek bespreek? Moenie te lank wag nie!

WANNEER: Saterdag 12 November 2016, 10:00 – 13:00 (verversings sal vanaf 9:30 bedien word)

WAAR: Le Bac-landgoed, R45 Paarl

KOSTE: Kaartjies kos R395 en sluit ’n laatontbyt, vermaak, die jongste uitgawes van Tuis en Tuis Opknap, verskeie gelukspryse en ’n fantastiese geskenkpak met bederfies en ’n koopbewys van Pennypinchers Timbercity in!

OM TE BESPREEK: Bel Roxanne Cloete by 021 408 3815 of e-pos Roxanne.Cloete@ media24.com; plek is beperk en besprekings sluit Vrydag 4 November 2016.

BEPALINGS EN VOORWAARDES Geen besprekings sal sonder bewys van betaling bevestig word nie. Betaling moet binne 48 uur ná bespreking gedoen word. ’n Kansellasiefooi van 50% sal gehef word vir kansellasies tot een week voor die gala. Geen terugbetaling sal gemaak word vir besprekings wat minder as 10 dae voor die gala gekanselleer word nie.

LEES NOU:

Ontmoet die Top-10! Ontmoet die Top-10!

WEB-FOOTERS-afr