En kies sommer die kersie-tipe, want hy dra maklik en graag.

[divider]

Om in die aand met jou vergiettes tuin toe te stap en die mooiste klein tamaties met hul songebakte rooi skilletjies uit te soek, is een van die lewe se groot lekkertes. En sodra jy kersietamaties onder die knie het, kan jy heerlike groot tamaties plant – ’n winkeltamatie kan nou maar eenmaal nie kers vashou by ’n tuintamatie nie. Hoewel die tamatie botanies gesproke ’n vrug is, is dit nie so soet soos vrugte nie. Dit het ’n subtiele soetheid wat deur ’n effe bitter en suur smaak gekomplementeer word. Tamaties word dikwels met Italiaanse kookkuns verbind, maar dit kom oorspronklik uit die weste van Suid-Amerika, insluitende die Galápagos-eilande. Die tamatie is die vrug van die plant Lycopersicon lycopersicum en is lid van die Solanaceae- oftewel nastergal-familie. In Latyn beteken Lycopersicon “wolfperske”, en die benaming kom van die ou bygeloof dat die vrug, nes ’n wolf, gevaarlik is (maar eintlik is dit net die blare wat giftige alkaloïede bevat).

Plantwenke

• Plant saailinge in ’n lekker sonnige kol.

• Berei die grond goed voor met komposen ’n bietjie 2:3:2.

• Tamaties het ’n rankerige groeiwyse ensal baat by ’n raamwerk om die plant testut en waarteen die sytakke vasgebindkan word. Dit is veral noodsaaklik vir diegroter variëteite.

• Gooi ’n deklaag van strooi om die plantsodat die vruggies wat laag hang, niein aanraking kom met die grond en dieorganismes daarin nie.

Kweekwenke

• Hou tamaties deurentyd goed nat.

• Verwyder gereeld sylote namate die plantegroei, om ’n netjiese bos te verseker.

• Sodra vrugte begin vorm, moet jy dit elketien dae met ’n vloeibare kunsmis voed.

Oeswenke

• Hoewel tamaties geoes kan word wanneerdit net begin verkleur, is dit die lekkerste as dit ryp gepluk en dadelik geniet word.

• Ryp tamaties gee mee as jy dit effensdruk en dit het ’n merkbare soet geur.

Peste en plae

• Kyk uit vir witvlieë, plantluise enrooispinnekopmyt. Vermy dié plae deurplante nie te dig opmekaar te plant nieom goeie lugsirkulasie te verseker.Gesels met jou kwekery se personeel oor ’ngeskikte organiese plaagdoder.

• Rokers moet hul hande deeglik wasvoordat hulle aan ’n tamatieplantjie raak,want hulle kan die tabakmosaïek-virusoordra. Dié virus tas die tamatie se blare,blomme en vrugte aan en dit belemmer diegroei van die plant.

’n Tamatie elke dag laat die dokter wag

Tamaties is ’n uitstekende bron van vitamien C, A en K. Dit is ook ryk aan kalium, mangaan, dieetvesel, chroom en vitamien B1. En dit is nie net ’n ouvroustorie nie: die likopeen in tamaties bied inderdaad beskerming teen prostaatkanker.

[divider]

[divider]