Bekoor met teëls

Morgan Piper van Houtbaai wou graag haar dogter India se neutrale slaapkamer ophelder, toe maak sy ’n besonderse kopstuk met teëls van verskillende patrone en kleure. Sy het die gipsraam en teëls teen die muur vasgesit met teëlgom.

Foto uit Tuis Februarie 2018.

In die hoofslaapkamer bied ’n lys agter die bed staanplek vir kuns en oulike uitstalgoed; die muur daaronder is geteël en dien as “kopstuk”. “As jy fyn kyk, sal jy sien die teëls is nie identies nie – elkeen is met die hand gemaak in die agterstrate van Marokko,” verduidelik huiseienaar, Kundra Bowley.

Foto uit Tuis Mei 2017.

Blinknuwe baadjie!

Foto uit Tuis Verf Dit 2016.
Foto uit Tuis Mei 2017
Home Décor Basics 2017.
Foto uit Tuis Verf Dit 2016.

Ou vensterrame, skerms, hortjies en hekke kan almal ’n tweede lewe kry en ingespan word as kopstukke! 

Prentjiemooi

Die huiseienaars het ’n prent in The Complete Encyclopedia of Illustration deur J.G. Heck gekry en het die A4-prent by Orms laat skandeer en dit by Graphic Laminates op lap laat druk. Slim!

Foto uit Tuis Julie 2014.

Dis ’n illusie

oto uit Tuis Julie 2017.
Foto uit Tuis Oktober 2012.
Foto uit Home Décor Basics 2017.

Gebruik verf of vinielplakkers soos dié huiseienaars gemaak het vir ’n kopstuk wat jy maklik kan verander as die lus jou pak.

Towertapyt 

’n Ou mat met ’n patroon in die Delft-styl word nou vir ’n heel ander doel ingespan: dit hang teen die muur agter die bed, nou doen dit diens as unieke “kopstuk”! Jy hoef nie ’n fortuin te bestee om dié plan na te doen nie; snuffel vir ’n winskoop by jou gunsteling-huiswarewinkel, of koop ’n tweedehandse mat by ’n goeie koop-en-verkoop-webtuiste soos Gumtree of OLX.

Foto uit Home Décor Basics 2017.

Stadsilhoeëtkopstuk

So maak jy ...

1. Teken liggies met ’n potlood die silhoeët van jou gunsteling-stad teen die muur bo die bed.

2. Plak gewone maskeerband of blou verwersmaskeerband al om die buitelyne van die silhoeët en aan weerskante tot op die vloer.

3.Verf die silhoeët. Ons het ons s’n met twee lae van Dulux se Great Grey (donkergrys) geverf teen die liggrys muur, Dulux Silver Quill.

4. Maak seker die verf is droog voor jy die maskeerband aftrek. 

Wenk As jy sukkel om die silhoeët te teken, kan jy die ontwerp met ’n swart merkpen op ’n A4-vel asetaat trek, dit met ’n truprojektor teen die muur projekteer en dan aftrek.

Foto uit Tuis Verf Dit 2017.