Foto uit Tuis Februarie 2015

Hope lig en herwinde bal-en-klou-meubels gee dié en suite-badkamer ’n romantiese atmosfeer. Hoe lieflik is die keramiekbord agter die krane?

Foto uit Tuis Februarie 2017

Dié slaapkamer is oordaad op sy beste met die kontras tussen die donker hout en wit antieke meubels. Ragfyn gordyne en ’n rottang-hanglamp (’n vlooimark-vonds) voltooi die prentjie.

Foto uit Tuis Junie 2017

Die stoep kry baie oggendson, maar die Virginia-klimop hou die area koel, wat dit die perfekte plek maak vir uitspan of ’n maaltyd geniet. Ons is dol oor die kontras tussen die geverfde houtmeubels en die gietysterstoele met hul swierige detail.

Foto uit Tuis Augustus 2016

Blom-aksente, hetsy met plakpapier of verf, sal jou slaapkamer in ’n romantiese ruimte omtower. Hier lyk vlooimark-vondste heel tuis langs vintage-meubels en danksy die neutrale palet geniet die blomme teen die muur al die aandag.


Foto uit Tuis Oktober 2016

’n Ou spieël was erg geroes, maar dis met wit verf opgekikker vir die sonnige voorstoep – en duidelik hou die rankplant ook daarvan.

Foto uit Tuis November 2017

Dit kos dalk harde werk en geduld, maar ’n boog wat met rose toegerank is, is net die ding as jy jou tuin ’n bietjie atmosfeer wil gee.