Foto’s Henrique Wilding, Francois Oberholster en Ed O’Riley l Stilering Marian van Wyk en Misi Overturf
Jako en Anneke Lee van Welgemoed span blou en wit in met byna enigiets wat hulle aanpak. Dié slaapkamer is geen uitsondering nie. “Dit skep ’n gevoel van kalmte, rustigheid en koelte,” vertel Jako. “Dit is vir ons ook skoon en netjies, en propvol persoonlikheid.”
Die kamer is ruim, met ’n hoë plafon en ’n bed van super-koningsgrootte. “Iemand het eenkeer vir my gesê jy moet die grootste elemente moontlik vir jou slaapkamer kies, want dit skep ’n gevoel van absolute weelde,” vertel Jako.