7 fokusmure om jou te inspireer

As jou begroting jou nie toelaat om ’n hele vertrek reg te ruk nie, spits jou aandag op ’n enkele muur. Jy kan dit so eenvoudig of uitspattig maak soos wat jy wil...

Tuis-Home-focal-walls-1

GEBRUIK PLAKPAPIER Gebruik jou gunsteling-foto’s om ’n treffende, nostalgiese swart-en-wit galery te skep. Jy kan plakpapier met jou gesinsfoto’s by ’n drukkery soos Art Lab laat druk.

TuisHome-focal-walls2

SIT DIT OP ’N RAK Verbloem ’n saai baksteenmuur met sweefrakke, en versier dit dan na hartelus met jou versamelstukke.

tuishomefocalwalls7

MEER IS MEER! Gebruik ’n versameling pragtige spieëls en geraamde prente van vloer tot plafon, en stal jou pragtige keramiekware saam op ’n houttafel uit om tekstuur te skep.

tuishomefocalwalls3

ENIGIETS IS KUNS Gebruik mooi borde of skinkborde in verskillende kleure, groottes en vorms om ’n vaal hoekie op te vrolik.

tuishomefocalwalls4

LASLAPPIES Moenie dat oorskiet-plakpapier in die asblik beland nie! Sny stroke met komplementêre patrone uit en gerbuik dit saam vir ’n speelse voorkoms.

tuishomefocalwalls6

IN FOKUS Die kombuis is ’n fantastiese plek om ’n fokusmuur te skep wat die oog sal vang. Gebruik allerhande breekware, mooi toebehore, resepteboeke en blommerangskikkings uit jou tuin – net waarvoor jy lus het!

tuishomefocalwalls5

KUNSTIG Hou jy van ons Junie 2016-voorblad? Skep ’n kunstige fokusmuur met ’n oorgroot Tretchikoff-afdruk. Kyk net hoe indrukwekkend lyk dit! Dié plakpapier was ’n winskopie by ’n plaaslike mark, maar jy kan enige kunswerk so op plakpapier laat druk.

Jongste uitgawe

Des | Jan 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees