Foto’s Greg Cox l Produksie Marian van Wyk
Die huis bestaan uit twee vraghouers teen mekaar, bedek met Chromadek. Steunbalke tussen die houers se plafon en die skuins dakplate verskaf ekstra versterking aan die struktuur. Inheemse tuin ontwerp deur Johann van Biljon van Intaba Environment Services
Hittebestande staalpanele wat uit die vraghouers gesny is, soos hierdie een agter die kaggel op die stoep, en nog een in die leefdeel, is bygevoeg om die struktuur te versterk. Die dek is gemaak van volhoubare Lunawood. Claire het die eettafel, ’n tweedehandse kopie van 2,5m, herstel en swart geverf.