Foto’s Greg Cox l Produksie Marian van Wyk
St. Bedes Cots No. 1, 1895. Só staan dit op die marmersteentjie by die voorhek van dié huis in Drieankerbaai, Kaapstad. As die eerste eienaars vandag voor die hekkie sou kon staan, sou hulle hul huisie van ouds aan sy vooraansig herken – maar dis ook al, want anderkant die voordeur wag daar ’n gesig uit ’n ander wêreld...
Weg is die donker gang met al die deure wat na ewe donker vertrekke daaruit gelei het. Nou kyk jy van die drumpel dwarsdeur ’n liggevulde ruimte tot heel agter waar die huis in ’n glasoordekte atrium en ’n buite-binnehof eindig.