book-icon Uitgawe April 2021

Familieskatte, kuns en kleur doen wondere vir ’n voorstedelike huis

akkreditasie
Oop balke gee ’n gevoel van lig en ruimte op die stoep. Cillié en Andries het die muurrakke gemaak van ou planke en pypdele. Heelparty bykomstighede kom van Cillié se vriendinne wat dit vir haar gemaak, gegee of geleen het.
Oop balke gee ’n gevoel van lig en ruimte op die stoep. Cillié en Andries het die muurrakke gemaak van ou planke en pypdele. Heelparty bykomstighede kom van Cillié se vriendinne wat dit vir haar gemaak, gegee of geleen het.

Foto’s Elza Cooper l Stilering Amanda van Wyngaardt

Hul huis was eintlik ’n doodgewone, “kommin” dorp-huis, sê Cillié van Rooyen. Toe pak sy dit vol skatte uit die verlede, elkeen met sy eie storie van familie en geliefdes. Deesdae gloei die mure in juweelkleure; dis behang met kunswerke, en soeweniers word oral uitgestal. Só omskep sy dit in ’n heiligdom van alles wat kosbaar is. En skep sy ’n kuierplek vir inwaai, agteroorsit en strykdeur kuier.

“Dis vir my heerlik wanneer mense sê my huis voel gesellig en vriendelik,” sê Cillié. “As jy hier instap moet jy welkom voel, jou skoene uitskop en begin lag en eet. Mense voel tuis hier, want my huis is kleurvol, eklekties en vol stories en herinneringe. Meeste van my goed kom saam met ons oor die jare en herinner my aan my lewensreis.” 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Sep | Okt 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees