Foto’s Francois Oberholster l Stilering Marian van Wyk
Boë afgerond met klompiestene is gebou om die huis ’n sagter, vrouliker gevoel te gee in kontras met die skoon lyne van die res van die gebou.
Catherine Crawford was nie eintlik op soek na eiendom toe sy ’n ou huis in Nuweland koop nie. Maar nadat sy verneem het dat ’n huis in dié lowerryke buurt binnekort op die mark sou kom, het die idee om naby haar tweelingsuster in Newlands Village te bly, al hoe aantrekliker geraak.