Foto's Greg Cox
Die kunstenaar Gregg Price het byna drie dekades gelede op Nieu-Bethesda verlief geraak, lank voor hy die twee aanliggende erwe waar sy naweekhuis en galery vandag staan, gekoop het. Helen Martins se Uilhuis het hom nog altyd geïnspireer; so ook die dramaturg Athol Fugard, wat baie van sy toneelstukke hier geskryf het. Daarom het Gregg gereeld wanneer hy tussen Johannesburg en die kus gereis het, op die dorp oorgebly.
Een aand tydens so ’n oornagstop het hy in Martinstraat gaan stap, en terwyl hy so opkyk na die sterre het hy besef sy aangetrokkenheid tot dié dorpie met sy stofstrate het tot iets veel dieper ontwikkel: “Daar het ’n band gevorm. Die natuur praat hier op ’n mistieke manier met my siel. Dis my omgewing; dis waar ek tuis voel.”