Foto’s Greg Cox | Stilering Marian van Wyk
Op Wortelgat, tussen die see en die Kleinrivier-strandmeer, is ’n wegbreekhuis wat spesiaal geskep is vir die lekkerte van luilekker kuiers. Dis waarheen die Stellenbossers Joritha en Roelou Slabbert gereeld ontsnap wanneer hulle wil wegkom van die stadsgewoel.
Hul huis is besonders – nie net omdat dit heeltemal “off the grid” is nie, maar ook ontwerp is om saam te smelt met die omliggende natuurskoon.