Foto's Elza Roux
Stilering Amanda van Wyngaardt

Wie woon hier?  Rikus en Eunice Swanepoel en hul kinders
Waar? Irene, Pretoria

Tuis Irene lesershuis Swanepoel001

Tuis Irene lesershuis Swanepoel 002

Tuis Irene lesershuis Swanepoel 003

’n Regte plaaskombuis met ’n lekker spens was hoog op Eunice se wenslys. Hier kuier die gesin ’n hond uit ’n bos. Die drie groen blikke met die woorde "koffie", "suiker" en "thee" (bo die stoof) is hartsgoed wat haar ouma Bets Scheele heelpad uit Nederland gebring het. Die gesin het self die hanglampe van ou emaljeblikke gemaak.

Tuis Irene lesershuis Swanepoel 004

Die bloedrooi voordeur sê "welkom", en die muur by die trappe dien as galery vir gesinsfoto's. Die Swanepoels is lief vir kuier en onthaal, en Eunice dek graag ’n mooi tafel. Die rooi stoele weerspieël haar liefde vir kleur, en die tapyt met die roosmotief was deel van " ’n hele hoop tweedehandse matte" — nog ’n winskopie wat sy uitgesnuffel het.

Tuis Irene lesershuis Swanepoel 005

Jy kry die Swanepoels nie sommer voor die televisie nie. In die somer span die hele gesin graag op hulle gesellige kuierstoep uit.

Tuis Irene lesershuis Swanepoel 006

Eunice het die ingeboude kaste in hul seun Markus se slaapkamer só laat maak dat dit soos losstaande kaste lyk.

Tuis Irene lesershuis Swanepoel 007

Tuis Irene lesershuis Swanepoel 008

Eunice se voorliefde vir simmetrie kom duidelik na vore in die hoofslaapkamer, waar die bed perfek tussen twee vensters staan. Pleks van bedlampies hang daar ou kandelare aan weerskante van die bed.