Wanneer die son agter die groen heuwels van die Overberg wegsak, steek Caroline en Ray die olielampe en kerse aan in hul naweekhuis op Baardskeerders­ bos. In die warm somermaande is die Dover op die agterstoep volgende aan die beurt, sowat ’n uur voor hulle begin aandete maak. En in die winter smeul die groot Aga in hul knus oopplan­ leefarea sonder ophou.

Dis nie beurtkrag wat dié praktiese paartjie laat besluit het om sonder elektrisiteit klaar te kom nie; vir hulle was dit een­ voudig ’n kwessie van afskakel – letterlik én figuurlik.

Caroline besit en bestuur twee Kaapse wynboetieks, Caroline’s Fine Wine Cellar, terwyl Ray se onderneming, Ray Kilian Retail Interiors, winkel­ en restaurant­ interieurs ontwerp en bou.

In die somer, wanneer hul wingerd en olyfboord heelwat aandag vra, ry hulle elke tweede naweek daarnatoe; en in die winter­ maande ontvlug hulle daarheen sodra die Kaapse stadsgedruis vir hulle te veel word. 

Geskiedkundige sketse deur Heinrich Egersdörfer uit The South African Illustrated News het ’n spesiale plek gekry teen die eetkamermuur. Strooikussings in Grace Kelly Red van Lula Fabrics; bolsterkussing van Le Brocanteur; vaas en beker van The Pause Room 

Gehaltetyd

Vir dié twee gaan naweke oor gehaltetyd saam. Dan werk hulle van hanekraai af in die wingerd en teen sononder is hulle poegaai. “Omdat ons nie TV het nie, is saans vir ons lees­ of geselstyd – en dis fantasties! Sonder vermaak van buite raak dit weer belangrik om met mekaar te praat,” sê Caroline.

Dié huis op Baardskeerdersbos is vir hulle ’n droom wat waar geword het. “Terwyl ek in die 1980’s op die Buitenverwachting­ landgoed gewerk het, het ek in ’n huisie langs ’n dam tussen die wingerde gewoon, met Constantiaberg wat daaragter uittroon. Ons het visgevang, elke naweek in die woud gaan stap en goue hanepoot­druiwe van die ou­ou stokke gepluk,” onthou Caroline.

Dit was dié gelukkige herinneringe wat haar laat verlang het na ’n eie stukkie grond waar sy kon druiwe plant vir haar eie wyn.

Caroline het haar versameling muurborde oor die jare bymekaargemaak, veral tydens haar reise na Italië.Tafelloper van Le Brocanteur 

‘Toe koop ek ’n bouval’

“Nadat ons twee jaar lank na so ’n naweekplekkie gesoek het, het ons in 2003 na dié 3,4 ha­eiendom kom kyk. Dit was bekostigbaar en die klimaat was perfek vir wingerd plant en wynmaak,” verduidelik Caroline.

In Oktober daardie jaar het sy die trotse eienaargeword van wat hulle as “ ’n bouval op ’n skrootwerf”beskryf het. Ray verduidelik droogweg: “Die vorigeeienaar het gespesialiseer in alles wat stilstaan. Elke dingwat op sy grond beland het, het net so daar bly staan.”Die halfgeboude huis was karakterloos, maar die lieflikeuitsig op die vallei en die heuwels, en die vooruitsig vanhul eie wingerd, het daarvoor vergoed. In Augustus 2004 het hulle toe hul wingerd geplant.

Caroline beskryf die binnekant as ’n “tipiese lang huis” – dis 18 m lank en 6 m breed, met ’n staandak.

“Dis ’n eenvoudige struktuur. Jy kan van die voordeur af reguit deurstap na die agterdeur. Op elke ent is ’n slaap­ en badkamer, en in die sentrale, oopplan­leefruimte is die sitkamer aan die een kant en ’n eetkamer en die Aga­stoof aan die ander kant.”

Caroline se droom van haar eie wynetiket met die gepaste naam Celestina, genoem na die sterbesaaide Overberg­naghemel, het in 2009 waar geword toe die eerste vaatjie van dié sauvignon blanc­ sémillon­versnit gemaak is.

Gedurende die parsseisoen huur hulle werkers van Gansbaai en vervoer die druiwe na die Black Oyster Catcher­wynplaas naby Elim, 30 km daarvandaan, waar die wynmaker Dirk Human hul druiwe pars en in wyn omskep.

Daar’s ook 500 olyfbome. “In ’n goeie jaar pluk ons die olywe en neem dit na iemand met ’n olyfpers in Wolvengat hier naby. In die maer jare lê ons dit in vir geskenke,” sê Caroline. 

Teen die mure is skeppings van plaaslike kunste- naars, soos dié foto’s deur Victor Breach, die lood- gieter en gasman. Dis sy stokperdjie en die foto’s is almal tussen Pearly Beach en Caledon geneem. 

Die belangrikste ding wat ons hier, ver van supermarkte en die stadslewe, geleer het, is die vermoë om af te skakel. – Caroline

Die dekor

Toe dit by die meubels en bykomstighede kom, het die paartjie hulle deur die klimaat laat lei. “Dit raak baie warm in die somer; daarom wou ons ’n ligte gevoel skep– vandaar die oop dakbalke en vloer van ligte hout,” verduidelik Caroline.

Aangesien sy as kind kosskool toe moes gaan, heg sy groot waarde aan huislikheid. “Ons het heelwat ou Kaapse meubels op Gansbaai, Bredasdorp en in Kaapstad gekoop. Ek dink nie dis reg om al jou ongewenste meubels in jou vakansiehuis te sit nie; dit behoort net so aangenaam en gerieflik soos jou permanente huis te wees. Goeie matrasse, kussings en linne is ’n moet!” 

Tweedehandse kothuismeubels gee die hoofslaapkamer karakter. Gebreide deken van Hertex en kussings van Weylandts 
Kopertoebehore skep ’n ouwêreldse atmosfeer in die en suite-badkamer. Beker van The Pause Room 
VERSKAFFERS EN KONTAKTE

@home 021 938 191
Caroline’s Fine Wine Cellar 021 419 8984 
Hertex 0860 437 839 
Le Brocanteur 021 761 9142 
Lula Fabrics 021 797 7472 
Ray Kilian Retail Interiors 021 704 1810
The Pause Room 021 461 6488
Weylandts 0860 103 400