Produksie Sven Alberding l Foto’s Greg Cox/Bureau
Dié lieflike huisie op die bekoorlike Overbergse dorp Greyton is die toonbeeld van ingeleefde sofistikasie. Dis die perfekte kombinasie van versamelde meubels en dekorvondste van ouds, terwyl vernuftige opknappings en aanbouings naatloos inskakel by die huis se oorspronklike karakter.
Die eienaar – gesoute opknapper en binneontwerper Charlotte Collins – het hier ’n idilliese wegbreekplek geskep waar ’n kaggelvuur ná lang wandelings in die vars lug deel is van die alledaagse leefwyse. “Die eerste keer dat ek op Greyton oorgebly het, was toe ek ’n vriendin gaan help het met die mooimaak van haar huis,” vertel Charlotte.