book-icon Uitgawe Februarie l Maart 2021

Posseël-woonstel met ’n groot hart

akkreditasie
Rooi en oranje blomme is strategies op die smal, oop balkon – dis net 80?cm diep – geplaas om suikerbekkies te lok. ’n Buighout-en-rottangbankie bied knus sitplek vir twee.  Bank van Anouk Furniture; plantbak van H&M
Rooi en oranje blomme is strategies op die smal, oop balkon – dis net 80?cm diep – geplaas om suikerbekkies te lok. ’n Buighout-en-rottangbankie bied knus sitplek vir twee. Bank van Anouk Furniture; plantbak van H&M

Foto’s Stephané van Eck l Produksie Marian van Wyk

Ná ’n verblyf van 17 jaar in Londen se grou omgewing was Vicky Zigras meer as gereed vir sonskyn en die skoon, blou lug toe sy in 2019 na Suid-Afrika terugkeer. Sy het die perfekte klein ateljeewoonstel in die Kaapse middestad gevind in ’n woonstelblok met lowerryke tuine, ’n ryk voëllewe, ’n swembad gevoed deur ’n fontein en die mooiste uitsig. 

“Ek het in Desember 2019 ingetrek en geniet dit werklik om hier te woon – selfs gedurende die inperking!” sê Vicky met ’n glimlag. “Die gebou, wat in die 1960’s deur die Duitse argitek Pius Pahl van die Bauhaus-skool ontwerp is, kan dalk strak lyk van buite, maar ek is mal oor die goed deurdagte ontwerp met sy sentrale binnehof, swembad en oorgenoeg lig en privaatheid.” 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

September 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees