book-icon Uitgawe April 2020

Weggooigoed word uitstalgoed in dié karaktervolle huis

akkreditasie

Foto’s Francois Oberholster Stilering Marian van Wyk

Stapeldeure hou die bobbejane uit die Duckitts se kuierstoep. “Die argitek het dit eintlik as ’n oop boks ontwerp, maar ek het sommer reguit vir hom gesê ‘sodra jy loop, sit ons deure in!’ Hy het net sy hande in die lug gegooi. Wat kon hy nou eintlik doen?” sê Carla en lag. Die sementsitplekke het sy jare gelede by ’n kwekery gekoop. Met die nuwe sinkbekleding is die huis “Blikbox” gedoop. Selfs die jacuzzi het ’n sinkdeksel.

“Al die padtekens is wettig bekom – nie een is gesteel nie!” verseker Carla. “Toe ons in Houston, Texas, gebly het was die Round Top Antiques Fair naby Austin ’n ongelooflike ervaring; dis waar ek die geel padteken met die skoolkinders op gekoop het. Die geel skoolbusse was oral te sien en by elke bushalte was daar gewoonlik so ’n teken.” Die nommerplate dien as ’n soort poskaart van al die dorpe waar die Duckitts al gewoon het – van Sasolburg tot Hamburg. Geel trommel van Walker Bay Recycling

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Augustus 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees